School Fee Structure
Geagte Ouer(s)/Voog(de) van huidige en ook nuwe leerders van hierdie jaar..
- Dankie vir u ondersteuning aan ons skool. Sonder lojale ouer/voog-betrokkenheid sal De Kuilen nie sy trotse tradisie kan handhaaf nie.
- Ons wil graag ook van die geleentheid gebruik maak om aan die oorgrote meerderheid van ouers/voogde dankie te sê vir julle gereelde en getroue finansiële ondersteuning aan ons skool.
- Dit bly ons skool se strewe om aan ons leerders die beste gehalte onderrig te gee en daarom is dit van kardinale belang dat skoolgelde stiptelik vereffen moet word; daarsonder kan die skool nie effektief funksioneer nie en word onderrig beperk aangesien bykans die helfte van die personeel deur skoolgelde gefinansier moet word omdat die onderwysdepartement ons skool net gedeeltelik befonds.
- Skoolgelde-subsidie: Volgens wet is hulpbehoewende leerders geregtig op die vermindering van skoolgelde. Aansoekvorms is by die skoolhoof vanaf Januarie beskikbaar. Volledige aansoekvorms en stawende dokumentasie moet die skoolhoof, mnr. J.H. Mellet einde Januarie, bereik om oorweeg te word. Onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie (Verwys na die SA Skolewet).
- Voltooi asseblief die aangehegte vorms met u volledige besonderhede wat aan ons teruggestuur moet word teen einde Oktober van vorige jaar. Alle ouers moet asseblief Afdelings A en B voltooi. Ouers wat per debietorder wil betaal, moet Afdeling C voltooi.
Dankie by voorbaat vir u vriendelike samewerking.
VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM
2023
Meer besonderhede kan in formele brief hieronder gevind word
KERKSTRAAT/CHURCH STREET - P.O. BOX/POSBUS 301, KUILS RIVER 7579
TEL.: 021 903 5121 - FAKS/FAX 021 903 0317
Dear Parents/Guardians, current and first timers.
- We would like to express our appreciation for your support of the school. Without such loyal parent/guardian support, De Kuilen would not be able to maintain its proud tradition.
- We do appreciate the regular, faithful financial support we receive from the majority of the parents/guardians.
- It remains our school’s aim to provide our learners with education of the best possible quality, which is why it is of the utmost importance that school fees be settled punctually. Without this, the school cannot function effectively and teaching would be curtailed as almost half of the staff is financed by means of school fees since the Department of Education makes only partial financial provision for the school.
- School fees subsidy: By law indigent (needy) learners are entitled to discount on school fees. Application forms are available from the principal as of January . Completed application forms as well as documentation to verify the application must reach the principal, Mr JH Mellet, on end of January in order to be considered. Incomplete applications will not be considered - (Refer to the SA Schools Act).
- Attached are all the required forms to be completed and returned by end of October of previous year. All parents are to complete Sections A and B. Parents who would like to pay by debit order, must complete Section C.
Thank you for your co-operation.
CHAIRPERSON: GOVERNING BODY
2023
More information can be found in formal letter below.
KERKSTRAAT/CHURCH STREET - P.O. BOX/POSBUS 301, KUILS RIVER 7579
TEL.: 021 903 5121 - FAKS/FAX 021 903 0317