SPORTSTOOR:

Personeel verantwoordelik: Fatima Duncan
(Boonste verdieping aan die onderkant van die gang by k130.)

Slegs die items op die pryslys word in voorraad gehou.

KLIEK HIER VIR PRYSLYS

 

Let op: ons verkoop glad nie rugby/hokkie wedstryd sokkies,rugby wedstryd truie, togsakke, skoolbaadjies en dasse nie.

Leerders bring kontant na die stoor en dan help ons hulle. Ouers kan internetbetaling doen maar dan moet leerder bewys van betaling bring voordat ons hul kan help. Geen items op skuld nie.


KLEREBANK:

Kontakpersoon Me S. Thomas
sthomas@dekhs.co.za of ontvangs@dekhs.co.za
Dinsdae en Donderdae tydens 2 de pouse.

Ouers is welkom om self te kom, maar die kinders kan ook self aankope kom maak. Ek koop nie 2 de handse klere van ouers nie, werk net met skenkings. Daarom is die pryse van die klere baie redelik. Ouers is ook welkom om ou skoolklere van hul kinders aan die skool te skenk.